SA swemmer wen nege goue medaljes

Swem: Die Suid-Afrikaner Matt Sates het geëindig met goue medaljes in al nege items waaraan hy deelgeneem het toe die Mare Nostrum-reeks in in Frankryk afgesluit is. Die 18-jarige van Pietermaritzburg het die 200-meter indiwiduele wisselslag in sy laaste item gewen nadat hy vroeër ook met ‘n goue medalje bekroon is in die 400-meter indiwiduele wisselslag. Sy landgenoot, Lara van Niekerk, was tweede in die vroue-kompetisie nadat sy die 50-meter borsslag gewen het. Pieter Coetzé het ‘n brons medalje in die 100-meter rugslag gevoeg by die twee goues wat hy vroeër ingepalm het.