Indië hou grootste, langste en duurste verkiesing ooit

Indië maak gereed vir die wêreld se grootste demokratiese verkiesing wat môre begin. Byna 970-miljoen kiesers sal aan die langste en duurste verkiesing in die geskiedenis deelneem. Die verkiesing sal oor sewe fases en ses weke strek, met uitslae wat op 4 Junie aangekondig word. Twee-duisend-500 politieke partye sal na verwagting 266-miljard Namibiese dollar aan veldtogte bestee, met 15-miljoen veiligheidspersoneel en stembeamptes wat deur die verkiesingskommissie ontplooi word. Die opposisieleier, Rahul Gandhi, het die verkiesing gekritiseer as die mees skaamtelose een in Indiese geskiedenis: