Indië ent rekordgetal van 8 miljoen mense in

Indië het ‘n rekordgetal van agt miljoen mense in een dag teen Covid-19 ingeënt. Dit volg ná die Indiese eerste minster, Marendra Modi, aangekondig het dat entstowwe gratis vir almal sal wees. Net vyf persent van die land se bevolking is al ten volle ingeënt.