Walvisbaaise hawe gaan Meatco se vleis uitvoer

Die Namibiese Hawe-owerheid het ‘n ooreenkoms met Meatco onderteken om die Walvisbaaise hawe te gebruik om Meatco se beesvleis direk na internasionale markte uit te voer. Die internasionale markte waarna die beesvleis uitgevoer word is Amerika, Europa, China, Noorweë en sommige dele van Afrika. Die uitvoerende hoof van Namport, Andrew Kanime, sê die bevorder potensiële vleisuitvoere na binnelandse markte soos Zambië, Zimbabwe en Botswana.