Indië begin met Covid-19 opvolg-inentings

Indië het met ‘n veldtog van Covid-19 opvolg-inentings vir gesondheidswerkers en kwesbare mense van ouer as 60 begin. Die owerhede is in ‘n stryd gewikkel om die vinnige verspreiding van die Omikron-variant in toom te hou. Internasionale nuusagentskappe berig daaglikse nuwe gevalle nader die reuse-getalle van verlede jaar toe duisende mense elke dag gesterf het. Werkers moes daagliks brandstapels bou vir massa-verassing van slagoffers van die virus. Sowat 180 000 nuwe besmettings is oornag aangemeld, meer as ses keer meer as ‘n week gelede. Verskeie stadsgebiede het aandklokreëls ingestel en beperkings op openbare byeenkomste geplaas.