Familie van vermeende brandstigter van parlement sê hy is nie ‘n spioen

Die familie van die parlement se vermeende brandstigter, Zandile Mafe, oorweeg dit om regstappe te neem teen mediapublikasies wat vals inligting oor hom versprei. Familiewoordvoerder, Zamile Matuwane, sê die gesin verwerp bewerings dat Mafe ‘n spioen is met geheime militêre opleiding in Rusland. Volgens Matuwane het Mafe in Mahikeng grootgeword en na Kaapstad vertrek om werk te soek. Mafe se borgtogaansoek sal môre plaasvind.