Vryheidsfront Plus vra dat Vrystaat tot rampgebied verklaar word

Die Vryheidsfront Plus sê hulle het ‘n beroep op die premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, gedoen om vloedgeteisterde gebiede in die provinsie as rampgebiede te verklaar. ‘n Woordvoerder van die Vryheidsfront Plus, Armand Louw, sê berekenbare en sigbare ondersteuning moet aan boere in dié gebiede gegee word. Hy wys daarop die Vrystaatse regering het ‘n verantwoordelikheid om op te tree. Hy sê dit is dringend nodig om voedselsekerheid in die provinsie te beveilig en om die nodige gebeurlikheidsplanne in werking te stel.