Verdagtes in N$5,7m daggasaak verskyn weer

Dwelmsmokkelary bly ‘n wesenlike uitdaging vir die Namibiese polisie. Die vyf mans wat op 18 Oktober 2021 in hegtenis geneem is in besit van 5,7 miljoen Namibiese dollar se dagga sal weer vandag in die Windhoek-landdroshof voor landdros Celma Amadhila verskyn. Drie Namibiërs, Rhensley Auchab, Sydney Garoëb en Shaun Krems het saam met die Zimbabwiese burger Kabotsa Willard en Paul Jonas van Tanzanië vasgetrek en borg geweier met hulle eerste verskyning op 21 Oktober verlede haar. Die vyf is gedurende ‘n geheime operasie in Prosperita vasgetrek.