Impalila-ramp: Oorskot van Duitse-familie kan huis toe gaan

Die Namibiese polisie het die oorskot van die vier Duitse burgers wat vroeër vandeesmaand in ‘n vliegongeluk by Impalila-eiland gesterf het, aan hul familielede oorhandig. Die hoof van die forensiese eenheid, kommissaris Nelius Becker het vroeër gesê hulle wag net vir ‘n formele identifikasie van die vier slagoffers van die Rings-familie en dit is deur middel van vingerafdrukke afgehandel. ‘n Plaaslike begrafnisondernemer is tans besig met die reëling vir repatriasie na Duitsland. Die Suid-Afrikaanse vlieënier Nicole Mienie is reeds ter ruste gelê. Die Cessna 210 het op 30 Augustus op Impalila-eiland neergestort na die vlug opgestyg het. Intussen het Magnus Abraham, direkteur van vliegtuigongelukke en -voorvalondersoeke, sê die voorlopige verslag oor die ongeluk sal na alle waarskynlikheid môre beskikbaar wees.