Eerste keer wat Nam-mielieboere 100 000 ton oes

Terwyl mielieprodusente reeds in Suid-Afrika aan silo’s lewer met 13.1 miljoen ton van die oes van 15 miljoen ton, het Namibië ook uiters goeie nuus in verband met sy mielieoes. Dit is volgens Ian Collard, die hoof van die NMI-groep, die eerste keer dat produsente meer as 100 000 ton gelewer het en volgens hom, sal die syfer bly groei.