IMF maak môre sub-Sahara se ekonomiese vooruitsigte bekend

Die Internasionale Monetêre Fonds gaan môre die sub-Sahara-streek se ekonomiese vooruitsigte bekend maak. Afrika se ekonomie gaan stadiger as die res van die wêreld na die Covid-pandemie herstel. Die fonds beraam dat Namibië se ekonomie vanjaar met 1,3 persent gaan groei en volgende jaar met 3,6 persent.