Duitsland wil nie koebaai sê vir binnebrand enjins teen 2035 nie

Duitsland se ministerie van vervoer sê daar is vordering met gesprekke met die Europese Kommissie oor die beplande einde van nuwe binnebrand-enjins vanaf 2035. Duitsland wil hê die verkoop van voertuie met hierdie enjins moet voortgaan wanneer hulle op e-brandstof werk. Die Europese Parlement, die kommissie en lidlande van die Europese Unie het ingestem tot die wet wat vereis dat nuwe motors wat vanaf 2035 verkoop word, geen koolstof-dioksied uitstralings moet hê nie. Die ministerie het voorgestel dat die kommissie ‘n afsonderlike voertuig-kategorie voorsien vir motors wat slegs op e-brandstof werk.