IMF het kommer oor Suid-Afrika se krag-uitdagings, skuld, en bestuur

Die Internasionale Monetêre Fonds sê Suid-Afrika word gekniehalter deur voortslepende kragonderbrekings en logistieke probleme wat die gevolg is van jare lange onvoldoende belegging en swak bestuur. Die fonds het die land se vooruitsig vir vanjaar tot net een-persent verlaag. Die IMF se hoofekonoom, Pierre-Olivier Gourinchas, sê dis noodsaaklik dat kragaanlegte weer aanlyn kom, dat meer hernubare energie by die netwerk gevoeg word en dat ʼn omgewing geskep word wat privaat beleggers lok. Hy sê verhoogde staatskuldvlakke is ook ʼn groot bron van kommer: