AU vra dialoog vir junta-leiers, Ecowas

Die Afrika-unie doen ‘n beroep op dialoog tussen Ecowas en die junta-geleide lande Niger, Mali en Burkina Faso wat die blok wil verlaat. Die lande het Sondag die aankondiging gemaak en dit word beskryf as ‘n slag vir die blok se pogings tot streeksintegrasie. Die voorsitter van die Afrika-unie-kommissie, Moussa Faki Mahamat het gevra vir gesamentlike pogings sodat die onvervangbare eenheid van Ecowas behoue bly en Afrika-solidariteit versterk word.