Nog ‘n dagvaardiging vir gesondheid na bevalling

Die saak waar die gesondheidsministerie gedagvaar word vir skadevergoeding tydens ‘n bevalling kom vandag vir ‘n voorverhoor-konferensie voor. Regter Boas Usiku sal verskeie bepalings van wat onder die loep sal kom aanhoor. Whitney Snyder soek 1,5 miljoen Namibiese dollar van die ministerie nadat sy sê sy haar pelvis en heup gebreek het tydens haar bevalling in Februarie 2019 by die Otjiwarongo-staatshospitaal. Die baba was ongedeerd maar, sy het volgens haar stukke nou ‘n plaat in haar pelvis. Sy sê verder die verpleërs het haar beledig en sleg gesê en voer aan sy is ook deur hulle geklap. Dit is die soveelste saak waar die ministerie gedagvaar word na bevallings by staatshospitale.