Ikoniese Kruger-wildtuin word opgeknap

SANParke het bevestig die opknapping van toerismegeriewe in die ikoniese Kruger-wildtuin is aan die gang. Die projek is in Mei verlede jaar aangekondig, het in Julie begin en sal drie jaar duur. Dit word gefinansier met fondse wat die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing bewillig het. SANParke se woordvoerder, Isaac Phaahla, sê die opknapping van die winkel in Letaba wat in ‘n brand beskadig is, is 60-persent voltooi en dit behoort teen Julie vanjaar weer in bedryf te wees: