Iga sê spelers kort beter ondersteuning, empatie

Die wêreld-nommer een, Iga Swiatek, vra vir meer ondersteuning en empatie vir spelers, nadat sy kwetsende boodskappe ontvang het ná haar oorwinning in die kwarteindronde by die Cincinnati Ope. Die 22-jarige Swiatek het in haar wedstryd teen Zheng Qinwen van China, teruggeveg, vanaf ‘n agterstand van een stel, na ‘n oorwinning van 3-6, 6-1, en 6-1. Dit het haar, haar 52ste oorwinning van die seisoen besorg. Swiatek, wat probeer om haar vyfde titel vir dié seisoen te wen, sê sommige van die boodskappe wat sy ontvang, of sy wen óf verloor, is net te aaklig vir woorde: