Ietermagô’s loop deur onder smokkelaars

Die Namibiese minister van die omgewing Pohamba Shifeta sê die onwettige handel met ietermagô’s wek kommer met 320 gevalle wat sedert 2017 in die land aangemeld is. Die ietermagô is die dier waarmee daar die meeste onwettige handel gedryf word regoor die wêreld. Daar is in 2017, 43 sake aangemeld, 62 in 2018, 96 in 2019, 59 in 2020 en 60 in 2021. Meer as 1 500 produkte is ook gekonfiskeer wat 15 karkasse, 81 lewendige diere, 193 velle, ses stukke vel en 1 210 skubbe insluit. Net onlangs is ‘n man tot agt jaar tronkstraf, of ‘n boete van 800 000 Namibiese dollar opgelê nadat hy gevang is met twee ietermagô’s.