NV-diefstal: Kom ons kyk hoe speel dit uit

Die gesteelde fondse by die Nasionale Vergadering en Raad is steeds in die nuus. Die Nasionale Vergadering word daarvan beskuldig dat hy die saak toesmeer en dit wil voorkom asof die instansie dit as administratiewe fout hanteer het. Frederico Links, navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy mening so aan Kosmos 94.1 Nuus verwoord.