Ietermagô ontsnap uit kloue van stropers

‘n Jong ietermagô is deur die Namibiese omgewingsministerie in ‘n nedersetting gevind wat vermoedelik uit die kloue van stropers ontsnap het. Die ietermagô het ‘n gat in een van sy skubbe gehad. Volgens die navorser van die Ietermagô Bewaring- en Navorsingstigting, Kelsey Prediger, sal stropers soms probeer om ‘n ietermagô met ‘n draad vas te maak sodat dit nie ontsnap nie. Die een het gelukkig ontsnap, maar nie sonder trauma nie, want dié jong ietermagô is baie aggressief, sê Prediger aan Kosmos 94.1 Nuus.