Britse data toon skokkende Covid-syfers in China

Sowat 9 000 mense sterf waarskynlik daagliks aan Covid-19 in China op hierdie stadium, byna dubbel die skatting van verlede week. Die Brits-gebaseerde maatskappy vir gesondheidsdata Airfinity sê sy syfers is gebaseer op data in Chinese provinsies, vóór die jongste veranderings aan China se beleid oor toets- en aanmelding. Airfinity sê sterftes in China sedert 1 Desember het waarskynlik 100 000 bereik, met infeksies van altesaam 18,6 miljoen. Die  maatskappy verwag China se eerste hoogtepunt in Covid-infeksies op 13 Januarie, met 3,7 miljoen gevalle per dag, terwyl sterftes op 23 Januarie ‘n piek sal bereik van ongeveer 25 000 per dag.