BTW op sekere sanitêre doekie-produkte opgehef

Die Namibiese ministerie van finansies het aangekondig dat geen belasting op toegevoegde waarde, BTW, vanaf 1 Januarie 2023 op sekere sanitêre doekie-produkte gehef word nie. Dit volg na die Wysigingswet op BTW van 2022 in die parlement goedgekeur en in die Staatskoerant gepubliseer is. Geen BTW sal ook gehef word op sanitêre doekies wat vir voor- en nageboorte doeleindes ontwerp is nie. Handelaars moet hul prysstelsels aanpas om die wet te implementeer. Die wysiging van die wet bring verligting vir vroue en skoolmeisies, veral in landelike gebiede, wat nie sanitêre doekies kan bekostig nie en skoolbywoning misloop.