Iere verpletter Blitsbokke se Wêreldbeker-droom

Rugby: Die Blitsbokke is uit die Wêreldbeker-sewes-toernooi in Kaapstad. Ierland het hulle gisteraand in die kwarteindronde met 24-14 verslaan. Die Springbokke kom nou teen Argentinië in die uitspeelwedstryde vir die vyfde plek te staan. Ierland is saam met Nieu-Zeeland, Fidji en Australië in die halfeindronde. Die Springbok-vrouespan, gelei deur Nadine Roos, het vroeër hulle toernooi-droogte verbreek toe hulle Colombië met 27-0 uitoorlê het. Hulle kom vanmiddag teen China in ‘n uitspeelwedstryd om die 13de plek te staan.