Koningin Elizabeth se begrafnis op 19 September

Koningin Elizabeth II se begrafnis sal op 19 September vanuit die Westminster-abdy in Londen plaasvind. Sy sal vir vier dae in die Westminster-saal in die Paleis van Westminster in staatsie lê. Die koningin se oorskot sal vandag vanaf Balmoral na Edinburg geneem word. Haar kis sal tot môremiddag in die troonkamer van die Holyrood-huis rus. ‘n Prosessie sal dan die kis na die St. Giles-katedraal in Edinburg neem. Haar oorskot sal Dinsdag deur die koninklike lugmag na Londen gebring word, waar die kis eers in die Buckingham-paleis sal rus voordat dit Woensdag op ‘n kanonwa na die St. George-kapel in Windsor vertrek waar sy ter aarde bestel sal word. Prins Philip se kis in die koninkike praalgraf onder die kapel gehou tot en met Elizabeth se afsterwe. Die twee kiste sal nou herenig.