Aktivis: Strenger vonnisse vir verkragters nie die antwoord

‘n Namibiese aktivis het gereageer op die Namibiese minister van justisie, Yvonne Dausab, wat sê verkragtingsvonnisse is verhoog sodat geslagsgeweld uitgeroei kan word. Sy sê die toenemende voorvalle van seksuele geweld in die land is kommerwekkend. Dausab sê die onlangse goedkeuring van die Wysigingswet op Bekamping van Verkragting moet gesien word as ‘n poging om voorvalle van seksuele geweld aansienlik te verminder en/of uit te roei. Die Wysigingswetsontwerp het verkragtings-vonnisse verhoog van ‘n minimum van 15 tot 20 jaar ten opsigte van oortreders wat aan verkragting skuldig bevind word waar die klaer ernstige liggaamlike of geestelike beserings opgedoen het en onder die ouderdom van 13 en dus buitengewoon kwesbaar is. Aktivis Zack Itodo sê aan Kosmos 94.1 Nuus hy glo nie swaarder vonnisse is die antwoord nie.