IDF beklemtoon hy baklei net teen Hamas

Die Israelse Weermag sê hy pas sy operasies aan sodat daar die minste gevaar is vir burgerlikes in Gaza. Die oorlog het ontstaan toe Hamas Israel aangeval en een-duisend-200 mense, meestal burgerlikes, vermoor en sowat 250 gyselaar geneem het. As gevolg van Israel se teenreaksie in die Hamas-beheerde Gaza-strook, is minstens 35-duisend-386 Palestyne dood. ʼn Woordvoerder van die Israelse Weermag, Daniel Hagari, sê die oorlog is nie teen die mense van Gaza nie, maar teen Hamas: