ID-kaart is al wat jy binnekort sal nodig hê tussen Namibië en Botswana

Die Namibiese en Botswana regerings het ingestem om die gebruik van paspoorte vir reis tussen die twee lande af te skaf. Burgers van die twee lande sal nou identiteitskaarte gebruik. President Hage Geingob het die aankondiging gemaak tydens die eerste sitting van die Bi-Nasionale Kommissie wat in Gaborone aan die gang is. Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie van toerisme sê dit sal toerisme tussen die twee lande verbeter.