Hamilton word op Monza gestraf 

Die Mercedes-jaer, Lewis Hamilton word hierdie naweek by die Italiaanse Grand Prix by Monza op die wegspringrooster gestraf. Die sewemalige kampioen het sy vierde krageenheid van die seisoen gekry, een meer as wat toegelaat word. Hamilton se derde krageenheid is beskadig ná sy botsing met Fernando Alonso by die Belgiese Grand Prix. Die span werk steeds kliphard om daardie enjin en sy onderdele te herstel. Haas het intussen bevestig Mick Schumacher sal hierdie naweek ‘n nuwe ratkas hê, wat ʼn strafposisie op die wegspringrooster meebring.