Spoed ten tyde van ‘n ongeluk word waargeneem

Spoed as ‘n bydraende faktor tot motorongelukke was die week in die nuus met ‘n noodlottige ongeluk net suid van die hoofstad waar spoed blykbaar betrokke was. Moderne voertuie is toegerus met ‘n ongeluksdata-opnemer wat die laaste paar sekondes voor en tyde van ‘n ongeluk waarneem. Die data verskaf ook die spoed waarteen die voertuig gery het. Die Namibiese polisiehoof van die verkeersafdeling, kommissaris Amalia Gawanas, waarsku Namibiese motoriste om by die wettige spoedbeperking te hou.