Lufthansa laat vaar ‘dames en here’

Lufthansa het aangekondig dat hy nie meer passasiers met ‘dames en here’ sal groet nie. Internasionale nuusagentskappe berig dat die Duitse redery in ‘n verklaring sê dat hy eerder ‘n geslagsneutrale begroeting wil toepas. Bemanning word volgens die verklaring aangemoedig om eerder passasiers as geëerde gaste aan te spreek of om net goeie môre of goeie naand te sê. Lufthansa sê hy reageer op die huidige debat wat in gemeenskappe regoor die wêreld plaasvind.