Hunter Biden staan tereg op 9 klagte

Die Amerikaanse departement van justisie het nuwe kriminele klagte teen die Amerikaanse president Joe Biden se seun, Hunter, aanhangig gemaak en hom daarvan beskuldig dat hy versuim het om 1,4 miljoen Amerikaanse dollar aan belasting te betaal terwyl hy miljoene dollar aan ‘n weelderige leefstyl bestee het. Die 53-jarige Hunter is van drie misdrywe en ses belastingmisdrywe aangekla in die Kaliforniese distrikshof. Hy staar tot 17 jaar tronkstraf in die gesig indien hy skuldig bevind word.