Stormers is gereed vir die naweek

Die Stormers sê hulle gaan môre in die Welford Road-stadion spesiaal aandag gee aan Leicester Tigers se Wêreldbeker-wenners, Handré Pollard en Jasper Wiese. Die Kaapse span begin hulle tweede seisoen in die Kampioenebeker teen die Engelse span wat die rekord hou vir die meeste titels in die Premierliga. Pollard was 100 persent suksesvol met sy skoppe tydens die Wêreldbekertoernooi, terwyl die Bok-losvoorspeler, Evan Roos, uitsien om homself teen Wiese te toets. Die Stormers se verdedigingsafrigter, Norman Laker, sê hulle is gereed vir die uitdaging: