Israel het doelbewus op burgelikes geskiet

Menseregtegroepe vra dat Israelse aanvalle waarin die Reuters-videojoernalis Issam Abdallah in Oktober in Suid-Libanon dood en ses ander gewond is, as ‘n oorlogsmisdaad ondersoek moet word. Abdallah is in die eerste lugaanval dood, waartydens die AFP-fotograaf Christina Assi ernstig gewond is. Ander lede van die groep, wat saam gereis het, is in ‘n tweede aanval gewond. Ramzi Kaiss van Human Rights Watch sê bewyse dui daarop dat die Israelse weermag geweet het of moes geweet het dat die groep mense op wie hulle geskiet het, burgerlikes was: