Amushelelo maak weer amok

Michael Amushelelo het ‘n brief aan premier Saara Kuugongelwa-Amadhila gerig en haar versoek om ‘n noodtoestand oor werkloosheid af te kondig. As sy versuim om dit te doen, sal hy en sy werklose kohorte enige regeringskantoor betree en begin werk in enige posisie wat hulle wil. Die premier het ontvangs van die brief erken en sê die regering is bewus van die werkloosheidsituasie in die land en volg ‘n reeks maatreëls om die probleem te hanteer. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gepraat, wat sê die reaksie van die premier is pateties. En hy sal Maandag kantore betree…