EFF eis vervolging van maatskappy-hoof van gastenkwa

Die EFF vra vir die onmiddellike in hegtenisneming van die uitvoerende hoof van die Infinite Group ná die dodelike gastenkwa-ontploffing in Boksburg aan die Oos-Rand. Die party se nasionale woordvoerder, Leigh-Ann Mathys, sê die bestuurshoof is aanspreeklik vir alle bedrywighede van die maatskappy. Die party sê iemand moet strafregtelik aanspreeklik gehou word. Mathys het ook die EFF se oproep herbevestig vir die verbetering van Suid-Afrika se spoor-infrastruktuur. Sy sê die gebruik van die spoorstelsel sal vragmotor-ongelukke verminder.