Huismark krimp, dis rentekoers se skuld

Die vraag na behuising by Namibië se kusdorpe het op ‘n jaargrondslag met 20,8 persent afgeneem. Dit is die grootste daling as die gemiddelde oor alle streke in ag geneem word. Die FNB-behuisingsindeks vir die tweede kwartaal sê pryse het aan die kus tot net bo 1,25 miljoen Namibiese dollar gedaal. In die Suide is ‘n daling van 7,9 persent aangeteken tot by 761 000 dollar. Die sentrale streek het met 4 persent gekrimp tot 1,564 miljoen dollar. Die Noorde het die beste vertoon met ‘n inkrimping van 2,7 persent tot 852 000 dollar. FNB sê teen einde Junie vanjaar is daar ‘n inkrimping van 2,8 persent aangeteken vergeleke met groei van 4,7 persent aan die einde van die eerste kwartaal en 9,6 persent oor die ooreenstemmende tydperk van 2021. Volgens die bank is die hoofoorsaak die verhoging in rentekoerse. Oor die afgelope sewe maande is ‘n kumulatiewe 175 basispunte bygevoeg deur die sentrale bank.