Huishoudings hier en in SA onder erge druk

Nes in Namibië, is huishoudings in Suid-Afrika ook onder erge druk en sukkel om by te bly met stygende lewenskostes. ‘n Opname het bevind dat lewenskoste in die buurland tydens die Covid-19 pandemie gestyg het. Die verslag, deur ‘n tegnologiese onderneming, M4Jam, toon dat baie mense óf hul werk verloor het óf nie werk kon kry nie as gevolg van die streng inperking. Die bevindings het getoon mense met min of geen gereelde huishoudelike inkomste, vind dit moeiliker om in 2021 te oorleef. Die onderneming se Uitvoerende Hoof, Georgie Midgley, sê die antwoorde in die opname, skets ‘n kommerwekkende prentjie vir die land.