NBC en personeel probeer weer môre

Alle dienste by die nasionale uitsaaier die NBC is tans opgeskort. Die personeel het ‘n staking vir verhogings net na 1 vanmiddag begin. Hulle eis ‘n 5 persent verhoging en 8 persent wat 24 maande terugwerkend is. Die jongste berigte lui dat ‘n vergadering wat vandag gehou is op nul uitgeloop het en dat daar nog een vir môre beplan word. Die bestuur van die korporasie duie sedert Januarie aan, toe die geskil begin het, dat daar geen geld is vir verhogings nie. ‘n Aanbod van 7,6 miljoen Namibiese doller in ‘n eenmalige betaling wat aangebied is, is ook van die hand gewys. Die meerderheid van Namibiërs maak op die NBC se televisie diens sowel as verskeie radiostasies staat vir inligting en vermaak.