Houtskoolvereniging stel komende naweek nuwe produkte bekend

Die Houtskoolvereniging van Namibië bied die komende Vrydag sy algemene jaarvergadering aan. As deel hiervan is daar ook ‘n ekspo, wat tot Saterdag duur, om die publiek in te lig oor die nuutste neigings in die bedryf en ook om nuwe produkte ten toon te stel. Van die nuwe produkte in die bedryf is biochar wat met houtasyn vermeng is, biochar self, en houtsuur. Houtsuur word vervaardig wanneer die rook uit die oonde tydens houtskoolproduksie gekondenseer word. Houtsuur word dan gebruik om asynsuur te vervaardig wat in verskeie industriële toepassings gebruik word. Saterdag is daar verskeie aanbiedings wat brandbestryding insluit.