Dos Santos vandag in Luanda begrawe

Die staatsbegrafnis van die gewese president van Angola, José Eduardo dos Santos, vind vandag plaas. Dos Santos was Angola se tweede president van 1979 tot 2017. Hy is verlede maand op 79-jarige ouderdom oorlede ná ‘n lang siekte en hospitaalbehandeling in Spanje. Die diens vind in Luanda plaas op Dos Santos se 80ste geboortedagherdenking. Dit is nog nie duidelik of President Hage Geingob die diens sal bywoon nie. The Presidensie het tot dusver geen kennisgewing daarvan gegee nie maar, President Cyril Ramaphosa sal teenwoordig wees.