Verdrag teen metaangas: nog 24 lande sluit aan

Nóg 24 lande het die Wêreldwye Verdrag oor Metaangas onderteken, wat ten doel het om metaangasvrystellings teen 2030 wêreldwyd met minstens 30 persent te verminder. Dit volg ná die aanvanklike ondersteuning deur Argentinië, Ghana, Indonesië, Irak, Italië, Mexiko, en die Verenigde Koninkryk. Metaan is ‘n kragtige kweekhuisgas en verantwoordelik vir die helfte van die styging van een graad Celsius in die gemiddelde wêreldwye temperature sedert die vóórindustriële tydperk. Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, sê die suksesvolle implementering van die verdrag sal aardverwarming teen 2050 met minstens 0,2 grade Celsius verminder.