Ek sal ook kernwapens gebruik, ek bluf nie

Die Russiese President Vladimir Putin het ‘n waarskuwing gerig op lande wat dreig met kernwapenaanvalle op Rusland. Hy het hulle daaraan herinner dat Rusland ook kernwapens het en dat hy nie ‘n oomblik sal huiwer om hulle te gebruik nie. Hy sê hy bluf nie.

Putin het Rusland vir die eerste keer sedert hy die Oekraïne op 24 Februarie aangeval het, toegespreek.