Stad Kaapstad veroordeel aanval op Kaapse pelsrob

Stad Kaapstad het die wrede aanval op ‘n Kaapse pelsrob by Monwabisi-strand veroordeel. Vier verdagtes is in hegtenis geneem ná ’n anonieme wenk en die vinnige reaksie van die Kaap die Goeie Hoop DBV en die stad se wetstoepassingsafdeling. Die burgemeesters-komiteelid vir ruimtelike beplanning en die Omgewing, Eddie Andrews, sê die rob moes vankant gemaak word word weens die ernstige beserings wat hy opgedoen het toe hy met klippe bestook is.