Hou die Taliban uit die VN uit!

‘n Groep Afghaanse vroue het ‘n beroep op die Verenigde Nasies gedoen om nie die Taliban in die organisasie toe te laat nie. Fawzia Koofi, ‘n voormalige politikus in Afghanistan sê dis eenvoudig – die VN moet ‘n setel aan iemand gee wat die regte van almal in Afghanistan respekteer. Koofi het wêreldleiers gevra om bystand, geld en erkenning te weerhou om te verseker dat vroue regte bekom onder die Taliban-regering. Vroue het reeds geen toegang tot hoërskool opvoeding nie al het die Taliban belowe dat vroueregte beskerm sal word, soos onder Sharia-wette.