Goeie steenvrug-oes in SA verwag

Die Suid-Afrikaanse sagtevrugte-organisasie, Hortgro, voorspel ‘n hoër steenvrug-oes vir die 2021-2022 seisoen. Hortgro sê ná die jare van droogte is dinge weer normaal en alhoewel dit nog vroeg in die seisoen is, verwag die bedryf om tussen 15 en 16,5 miljoen kartonne vir die uitvoermark te pak. Volgens Hortgro beleef steenvrug-kwekers ‘n goeie winter en tot dusver was die lente-weer matig tot koel. Kwekers pas ook behoorlike uitdunpraktyke toe wat groter vrugte tot gevolg het omdat die mark vir klein vrugte beperk is.