As daar bewyse is, sal almal verbonde aan baba-storting vervolg word

Volgens die huidige wet in Namibië word moeders aangekla wanneer hulle hul babas weggooi. Maar, volgens Yolanda Engelbrecht van die geslagsafdeling by die Regshulpsentrum in die hoofstad, sou daar bewyse wees dat die vader of selfs ‘n ander familielid betrokke was, of daar was mishandeling, sal hulle ook vervolg word. Sy verduidelik die kwessies.