Horner-moordsaak vir 6de keer uitgestel

Die Senekal-landdroshof het die moordsaak van die Vrystaatse plaasbestuurder, Brendan Horner, tot Junie uitgestel. Die saak is na die Vrystaatse Hooggeregshof oorgeplaas waar die twee beskuldigdes, Sekola Matlaletsa en Sekwetje Mahlamba, weer sal verskyn. Vandag se uitstel is as gevolg van DNS-ontleding wat onvolledig is. Dit is die sesde keer wat die saak uitgestel word sedert verlede jaar. Die 21-jarige Horner is na bewering in Oktober verlede jaar op ‘n plaas naby Paul Roux doodgewurg. Sy liggaam is die volgende dag gevind. Sy moord het tot verskeie protesoptogte gelei met beide lede van die boeregemeenskap en die EFF wat aangekla is op klagte van geweld en saakbeskadiging.