Horner-moord: nuwe bewyse, 2de borgaansoek

Die twee mans wat aangekla word van die moord op die Vrystaatse plaasbestuurder, Brendin Horner, in Paul Roux in Oktober verlede jaar, gaan vir ‘n tweede keer om borgtog aansoek doen nadat nuwe feite na vore gekom het. Die 32-jarige Sekwetje Mahlamba en die 44-jarige Sekola Matlaletsa het in die Senekal-landdroshof verskyn waar die verhoor vir ‘n sewende keer uitgestel is. Hulle nuwe aansoek om borgtog sal nou komende Dinsdag aangehoor word. Die 21-jarige Horner is op 1 Oktober verwurg en sy liggaam is die volgende dag deur kollegas gekry.