Diepste swembad ter wêreld: 168m koppies tee vol

‘n Maatskappy in die Verenigde Koninkryk is vasberade om die wêreld se grootste en diepste swembad, heel gepas genoem die Blue Abyss, in 2023 te open. Dit word gesteun deur die Britse ruimtevaarder, Tim Peake. Die swembad sal 42-miljoen liter water kan hou, gelykstaande aan 168 miljoen koppies tee. Dit sal 50 meter diep, 50 meter lank en 40 meter wyd wees. Die Blue Abyss sal gebruik word om die jongste onderwater-tegnologie te toets en ook van hulp wees vir oefening vir ruimtevaarders en diepsee-duikers. Peake sê die swembad sal die kennis verbreed van hoe mense en tegnologie in buitengewone omstandighede kan funksioneer.