Geld moet eerder bestee word op opleiding van hervestigde boere

Vise-president Nangolo Mbumba het Vrydag die land toegespreek oor die besonderhede van die ontwikkelingsbystand wat die Duitse regering aan Namibië bied as betaling vir die 1904 – 1908 volksmoord. Die bedrag van 1,1 miljard euro sal oor 30 jaar oorbetaal word en volgens Mbumba sal die grootste deel daarvan, 540 miljoen euro, oftewel, 8,86 miljard Namibiese dollar, aan grondverkryging en opleiding bestee word. Terwyl dit die tekort aan befondsing wat die ministerie van grondhervorming ervaar sal aanspreek, meen kenners in landbou dat daar meer geld bestee moet word om reeds hervestigde boere te bemagtig en produksie ‘n hupstoot te gee. Die plaaslike landbou-kenner Wallie Roux, verduidelik.

Die regering het vyf miljoen hektaar teen 2020 geteiken maar kon tot op hede net 3,3 miljoen hektaar aankoop.